Sunday, February 28, 2010

Week 2 1 - 5 Maart

Hierdie week voltooi die leerders hulle werkboeke. Ek gaan ook seker maak dat almal die werk verstaan waaroor daar toets geskryf word. In geval daar nog enige onduidelikheid is ek op n Dinsdag middag net na skool beskikbaar vir n vragie of verduideliking. Enige leerder is dan welkom om my te vra, daardie tyd is spesiaal ingeruim vir eksta tyd, soms kom ek net nie by hulle uit nie.

Woensdag se werk vir LO is uitgesit.
Ek stuur weer die toetse huistoe. Teken dit asb. en stuur terug.
Daar is ook baie informasie huistoe i.v.m. met die pretdag. Stuur asb. die briewe terug en die afskeur strokie.
Die KK se patrone lyk pragtig. Ek sal kyk of ek dit kan opsit. Hulle moet nou net die res van die masker voltooi.
In Teg. is die ontwerp van die armband is ook klaar en hulle kan nou die armband begin maak.
Die leerders se boekies raak nou vol en hulle het n papboks nodig om dit in te bere. Stuur asb. een.

Thursday, February 25, 2010

Assessering Woensdag 3 Maart

LO: Leergids , Bl 3, 7, 15, 17, 18, 19, 21.
Al die onderstreepte werk.

Jammer ek het nie die werkafbakening uitgedeel nie.
Ek sal dit more gee.

Tuesday, February 23, 2010

werkafbakening vir toetsweek

9 Maart: Wisk , heelgetalle, afronding, optel, aftrek, eienskappe van berekeninge, meetkundige patrone, numeriese patrone, 2D en 3D vorms. Tafels, 2 - 6

10 Maart: EBW , leergids. p 2, 3, 5, 6, 13, 14, 15

11 Maart: Afr. Groen handboek, p. 168 en 169, 180, 182, 184

12 Maart: Eng learning guide: 1, 2, 3, 4, 6. punctuation, common and proper nouns, opposites, plurals
Dit is ook die pretdag.
15 Maart: NW leergids: p 3, 5 en 8, 20 en 21, 11, 17, 23 24, 35

16Maart: SW leergids: p 2, 3, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

17 Maart: Tegnologie leergids p 4 - 11

18 Maart: Kuns en kultuur leergids: p2, 5, 9, 17, 18, 19, 20, 21


Afr. Huistaal: Bron: Afrikaans ons taal. (groenboek)
Eenheid 1 en 2 p 168 en 169 meervoude
Eenheid 8 p 180 net bewus van voorvoegsels en agtervoegsels
Eenheid 9 p 182 intensiewe vorme
Eenheid 10 p 184 soortname
Spel - spelbundel p 7 opdrag 4 en 5

Tegnologie:
Leergids: week 3 Materiale p 4 - 11

NW : Energie
Wat is energie - p 3
Vorms van energie, p 5-8, 20 21
Veranderinge in energie: p 11
Oorsprong, bronne van energie p 17, 23, 24
Gevare van energie - p 35

SW : Leergids eenheid 1
Wat is Geskiedenis? Verskillende bronne. Artefakte. p 2 en 3
Kaarte: p 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18
Gebruike van kaarte, grense, koordinate, kaart van Suid-Afrika, provinsies. Kaart van die wereld.

Sunday, February 21, 2010

week1 22 - 26 Feb

Hierdie is weer week 1 so die leerders trek Maandag hulle evergim klere aan en hulle moet ook hul swem klere saam bring. Hulle het ook Dinsdag rekenaar en ek hoop mnr. Mostert is terug want hy het n operasie aan sy stembande gehad. Ons begin nou klaar maak met ons verskillende vakke se werkboeke sodat ons volgende week kan hersien vir die toets week wat kom. Die werkafbakening kom die einde van die week uit. Ek gaan egter al vir die leerders inlig waaroor hulle skryf soos ons aangaan.

Woensdag skryf hulle Afr. toets. Hulle hoef nie daarvoor te leer nie. Dit is n begrips toets.
In KK gaan ons met die masker begin. Ons gaan hierdie week net die patroon op die langwerpige karton doen wat ek vir hulle gee. Die patroon is die basis van hulle masker en dit moet mooi en netjies wees.
In Tegnologie gaan ons die week tyd spandeer met die ontwerp van die vriendskapsarmband. Die ontwerp moet baie goed deurdink word sodat hulle presies weet wat hulle gaan nodig he en hoe hulle dit gaan maak. Die beplanning is belangrik. " If you fail to plan you plan to fail." As iemand nie toutjies of kraletjies het nie is dit nie n probleem nie want ek het vir hulle en ons gaan ook uitruil en deel.

Die kaskar pretdag is al opgehaal, so ons begin al daaroor gesels. Maar meer daaroor volgende week.Dr. Brand se verjaarsdag is die 10 de Maart.

Sunday, February 14, 2010

week2, 15-19 Feb.

Hierdie week gaan ons aan om die verskillende leer areas se werk boekies te voltooi soos wat ons die lesse doen.
By Wiskunde gaan hulle tafeltoetse skryf en week 6 se boek voltooi.
*Woensdag skryf hulle n Wiskunde assessering oor die volgende: ewe en onewe getalle, waarde en plekwaarde, verdubbel en halveer, getalle op n getallyn en getalle afrond tot die naaste 10, 100, 1000.
In Afrikaans gaan hulle die fabel netjies oor skryf. Hulle sukkel nogal om n storie te vertel. Hulle wil dit in die direkte rede doen.
In KK gaan hulle met die patroon op die masker begin.
In Tegnologie begin hulle ook nou in die werkboek en dit gaan oor verskillende vesels wat hulle moet toets. As daar nie by die huis van die vesels is nie gee ek vir hulle. Ons gaan n vriendskapsarmband maak. Hulle gaan kraletjie in toutjies inryg wat hulle gaan vleg. Die metodes is in die boek maar ek sal hulle ook daarmee help, maar dit gaan oor die volgende paar weke.
Ek stuur weer die toetse huis toe.Teken dit asb. en stuur terug. Dit kom in hulle leers.
Baie dankie dat ek spesiaal kon voel as hulle juffrou. Dit raak my hart.

Sunday, February 7, 2010

week1 8-12 Feb

Dit het goed gegaan met die mondelinge. Baie dankie vir julle positiewe inset. Die leerders was almal baie gewillig om te praat en ons kon dit in tyd afhandel. Met die English oral gaan dit goed, ek beplan om dit ook hierdie week te voltooi. Ons sal met die skryf van die fabel ook hierdie week begin.



Dit is week 1, so hulle het hierdie week LO by mnr. van Schalkwyk. Hulle trek Maandag hulle sport klere aan en bring hulle swemklere saam.

Woensdag het hulle Engelse assessering. Dit gaan oor Wordwise list 1 + 2,

learning guide p 1+2; question marks, exclamation marks and fullstops.

Daar sal n reading and viewing wees van 10 punte, Totaal: 30

Hulle moet fluks werk in hulle workbook want dit moet voltooi wees na die einde van die maand.

Ons begin ook hierdie week met ons Wisk. week 5 werkboek. Die ander is reeds voltooi so moet ons ook hierdie week die een voltooi.

In KK gaan hulle begin om hulle voelmasker te ontwerp. Hulle moet dit eers teken en later kom die maak.As die masker klaar is gaan hulle in n groep n voeldans doen. Hulle sal duidelike instruksies kry daaroor.

Ek sien uit na die week want almal werk lekker saam.

Baie dankie.

E le Grange