Tuesday, April 27, 2010

Week 2 28 -30 April

Dit is n kort week maar vol. Hulle doen n Engelse ass. waarvoor hulle nie hoef te leer nie en weer n wiskunde ass. oor tyd. Oefen asb. die tyd met hulle. Tyds verloop, vanaf 2:30 tot 5:40. Hoe lank is dit? Hoeveel ure vanaf Dinsdag 8 uur tot Donderdag 8: uur. Daar is hierdie week nog tyd vir oefen aan hulle Eng.storie.
Lekker week.

Sunday, April 18, 2010

Week 1 19 - 23 April

Die leerders het more LO by mnr Van Schalkwyk en moet dus hul Evergim klere aan he.
Woensdag is daar Engelse ass. en die leerstof is in hul learning guide 1: am, is en are en verbs asook wordwise list 3, 4 en 5. Ons leer ook Collective nouns en animals aan, pg 23, Learning guide2. Dit sal goed wees as hulle dit nou al kan memoriseer. English oral is n diere storie wat hulle saam met n maat moet doen. Hulle moet nie n afrikaanse storie vertaal nie. Die idee is dat hulle n engelse storie lees en dit voordra. Hulle het riglyne ontvang. Die datum daarvoor sal in Mei wees, ek sal dit nog gee.

In Afrikaans moet hulle die verkleinwoordjies goed leer. Dit is belangrik vir die volgende assessering. Hulle het ook alreeds die onderwerpe, en informasie van hulle skryfstuk en mondeling ontvang. Ek sal nog die datums daarvoor gee. Dalk loop hulle informasie raak daaroor en kan hulle dit hou. Ek gaan nou begin met hul lees assessering en hulle kan dit gerus tuis oefen.

In Wiskunde moet hulle asb. hulle tafels leer.Hulle is regtig nog nie flink genoeg daarin nie.
Baie dankie vir die belangstelling en bydrae. Daarsonder sal dit nie so goed gaan nie.
Die einde van die week is weer n langnaweek dus volgende week n kort week.

Sunday, April 11, 2010

Week 2 12 -16 April

Welkom terug na die vakansie. Dit is n besige kwartaal en ons gaan elke tydjie ten beste benut. Dinsdag en Woensdag is "The Book People " met n verkoping hier. Woensdag formele assessering in Afrikaans. Ek sal laat weet of hulle daarvoor moet leer. Donderdag gaan die vorderingsverslae huistoe. Briefies met die afspraak tye moet asb. Vrydag terug kom.
Donderdag is ook ons interhuis wintersportdag. Saterdag is daar by Vredelust n hokkie toernooi vir 0/10, 11 en 12 seuns en dogters.