Friday, October 29, 2010

Week 2 1 - 5 November

Hierdie week is rustiger as verlede week. Dankie vir al die deelname en insette, dit het groot waarde.
Woensdag is die Engelse assessering. Hulle hoef nie daarvoor te leer nie.
Vir SW moet hulle n brosjure maak oor water besparing.
In NW word daar ook n taak beplan, maar nadat ek die werk behandel het en die takie in hul werkboek voltooi is. Al die take in die werkboeke is belangrik en moet voltooi wees.
Daar is ook n KK assessering wat handel oor n sirkel wat hulle met kunselemente moet versier.
Die werkafbekening vir die eksamen is ook huistoe. Omdat hulle nou presies weet waaroor hulle getoets word kan hulle goed voorberei en dit maak hulle baie rustiger in die eksamen tyd.
Die week is dus net so vol.
Lekker voorberei!

Saturday, October 23, 2010

Week 1 25 - 29 Oktober

Leerders moet Maandag hul LO klere saambring of aantrek.
Woensdag is dit Wisk ass. wat handel oor:
1. oppervlak
2.omtrek
3.hulle moet weet hoeveel minute in een uur is
4.tafels 2 - 9 x en deel
Donderdag is dit die entrepreneursdag. Sterkte. Dit is ook n lekker ervaring.
Vrydag is dit Lentedag tee, ook spesiaal.
Ek begin met die mondelinge. Ek gaan dit vas maak en dan weet elkeen wanneer dit hul beurt is.
Geniet dit.

Sunday, October 17, 2010

Week 2 18 - 22 Oktober

Hierdie week word daar begin met die mondeling van die leerders wat gereed is .
Woensdag is daar n Engelse assessering wat handel oor expressions in die learning guide, pg.A.
Die leerders moet die verduideliks goed ken en die spelling moet ook reg wees!!
Dit is ook die Gr. 3 se entrepreneursdag. Volgende week is dit die gr. 4 se beurt. Dit is nie verpligtend nie. Hulle mag ook in groepe werk.
Donderdag is dit die swemgala.
Geniet al die aktiwiteite!

Friday, October 8, 2010

Week 1 11 -15 Oktober

Dit is week een so Maandag is LO. Onthou die LO klere asb. Nou is ons al volspoed in die vierde kwartaal. Dit is verblydend om te weet dat almal goed by is en mooi ontwikkel.
Die konsert kry die week spesiale aandag. Dit is werklik pragtig. Hoe gelukkig is die leerders om in so n produksie deel te neem.
Engelse Mondeling handel oor verskillende aspekte van n sekere kultuur van hul keuse. Hulle het n goeie informasie bladsy daaroor gekry.
Afrikaanse mondeling gaan oor oupa en ouma, hoe dit was toe hul skool gegaan het, enige kattekwaad of gebeure in hulle tyd.
Woensdag se Afrikaanse assessering handel oor spel, opdrag 20, die verkleinwoorde. Die leerders het nou regtig kans om goed te doen. Daar is ook n begrips toets by.
Lekker week!