Monday, March 22, 2010

WEEK1 23 - 26 Maart

Hierdie is n kort week waarin al die finale punte opgeteken en verwerk word. Die leerders sal ook hulle portefeuljes organiseer met al hulle bewyse of take wat hulle gedurende die kwartaal voltooi het. Woensdag oggend, net vir n uur, is daar ook n spesiale program vir hulle. Normale skool sal hierdie week plaas vind.
Dit was n goeie kwartaal. Baie dankie vir al die insette en betrokkenheid. Ek is baie bewus daarvan en waardeer dit, so ook u kind.

Sunday, March 14, 2010

Week 2 15-19 Maart

Hierdie week gaan ons aan met toetse. Dankie vir die aanmoediging en motivering van jou kind. Dit is vir die leerders n nuwe ervaring en as hulle voel dat hulle hul kennis kan weergee, gee dit vir hulle baie selfvertroue vir die res van die jaar.
Maandag is dit Natuurwetenskap.
Dinsdag - Sosiale Wetenskap
Woensdag - Tegnologie
Donderdag - Kuns en Kultuur
Die maskers het baie mooi uitgekom. Hierdie week oefen hulle die voeldans.
Dr. Brand se verjaarsdag was ook n baie lekker geleentheid. Hy en sy vrou het Sir Cliff Richard se konsert baie geniet. Ons het ook n groot sokkerbal gemaak met die hele skool se handtekeninge daarop, ongelooflik.
Die kaskar dag was baie groot pret. Baie dankie vir elke persoon se samewerking. Ons het n lekker gees gehad en baie goed saamgewerk.
Aan die einde van die week, na al die harde werk, kom n heerlike langnaweek.

Sunday, March 7, 2010

week 1 8 - 12 Maart

Dit is week een daarom het die leerders die week LO en moet hulle Maandag hul LO klere aantrek en hul swemklere saam bring. Mnr Mostert is terug en hulle sal dus ook rekenaar he.

Die eerste toets is Dinsdag en dit is Wiskunde.
Woensdag is EBW.
Donderdag Afrikaans.
Vrydag Engels.

Vrydag is ook kaskar dag. Ons moet nog n tema kry en n lekker liedjie om spangees te vang. Stuur n paar idees asb. Ek beskou dit ook as n geleentheid vir interaksie tussen die leerders en n manier om hul kreatiwiteit uit te leef.

Thursday, March 4, 2010