Hierdie week gaan ons aan met toetse. Dankie vir die aanmoediging en motivering van jou kind. Dit is vir die leerders n nuwe ervaring en as hulle voel dat hulle hul kennis kan weergee, gee dit vir hulle baie selfvertroue vir die res van die jaar.
Maandag is dit Natuurwetenskap.
Dinsdag - Sosiale Wetenskap
Woensdag - Tegnologie
Donderdag - Kuns en Kultuur
Die maskers het baie mooi uitgekom. Hierdie week oefen hulle die voeldans.
Dr. Brand se verjaarsdag was ook n baie lekker geleentheid. Hy en sy vrou het Sir Cliff Richard se konsert baie geniet. Ons het ook n groot sokkerbal gemaak met die hele skool se handtekeninge daarop, ongelooflik.
Die kaskar dag was baie groot pret. Baie dankie vir elke persoon se samewerking. Ons het n lekker gees gehad en baie goed saamgewerk.
Aan die einde van die week, na al die harde werk, kom n heerlike langnaweek.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment