Die leerders moet Maandag hul LO klere aantrek want hulle het LO by Mnr van Schalkwyk. Dit is ook die datum vir hul winterskooldrag. Ek begin met die mondeling soos die leerders gereed is. Ons gaan ook datums vasmaak.Die brosjure gaan saam met die Afr. mondeling dan is dit ook afgehandel.
Die Engelse storie vir hul oral het hulle in plek en moet hulle nog meer oefen.
Die Wiskunde assessering Woensdag handel oor vermenigvuldig en deel. Dit is baie belangrik dat hulle hul tafels ken. Die takie in NW wat handel oor vaste stof, vloeistof en gas, gaan hulle in die klas doen. Hulle moet net prente van voorbeelde daarvan bring. In EBW gaan hulle iets oor formele en informele besighede doen.
Vrydag gaan ons n veiligheid, ontruimings oefening he. Dinsdag het die personeel n spanbou geleentheid.
Ek wens die moeders n heerlike moedersdag toe. Jou kind waardeer jou.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment