Leerders moet hul LO Klere aantrek of saambring.
Hulle het hul onderwerpe gekry vir Afr. mondeling : n Demonstrasie van iets aan die klas. Ek luister na hule vanaf Augustus en dan op n Maandag, Dinsdag Donderdag of Vrydag. Hulle kan n dag kies en dan maak ons dit vas.
Dieselfde Met die Engels. Die boek wat hulle lees is die mondeling en die opsomming wat hulle maak is dan ook die geskrewe deel. Dit maak sin want dan is die voorbreiding deeglik. So ek gaan eers na die opsomming kyk en dan kan hulle praat. Die geskrewe deel moet die eertse twee weke van Augustus aan gewerk word en die mondeling is dan die laaste twee weke van Augustus.
Hulle kan maar die boekie wat hulle lees saam bring skool toe.
Woensdag is daar n Engelse assessering. Hulle het n bladsy waarop die werk aangedui is. Hulle kan asb. begin leer.
Dankie dankie.
Friday, July 23, 2010
Sunday, July 18, 2010
Week 2 19 - 23 Julie
Welkom terug na die vakansie!
Maandag en Dinsdag is ouer afsprake.
Woensdag Afr. assessering. Spel, opdrag 20 in hanswors spel boekie, verkleinwoorde plus diktee. Die Afr. mondeling onderwerp is ook uitgedeel. Dit moet eers in Augustus gereed wees. Die leerders kan reeds begin met hul voorbereiding.
Die Engelse mondeling is n boek wat hulle lees oor n diere storie en dit moet ook in Augustus gereed wees.
In Wiskunde moet hulle nog steeds aandag gee aan hulle tafels en dit goed memoriseer. Dit help ongelooflik wanneer daar bewerkings gedoen word. Baie dankie vir u inset daar.
Voel welkom vir enige navraag van u kant af, ons kan goed werk as daar geen onsekerheid is nie.

Subscribe to:
Comments (Atom)