Welkom terug na die vakansie!
Maandag en Dinsdag is ouer afsprake.
Woensdag Afr. assessering. Spel, opdrag 20 in hanswors spel boekie, verkleinwoorde plus diktee. Die Afr. mondeling onderwerp is ook uitgedeel. Dit moet eers in Augustus gereed wees. Die leerders kan reeds begin met hul voorbereiding.
Die Engelse mondeling is n boek wat hulle lees oor n diere storie en dit moet ook in Augustus gereed wees.
In Wiskunde moet hulle nog steeds aandag gee aan hulle tafels en dit goed memoriseer. Dit help ongelooflik wanneer daar bewerkings gedoen word. Baie dankie vir u inset daar.
Voel welkom vir enige navraag van u kant af, ons kan goed werk as daar geen onsekerheid is nie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment