Nou is dit tyd dat die laaste punte vir die rapporte bymekaar gemaak word. Die werkboeke word nou heeltemal voltooi en die laaste mondelinge word gedoen.
Die EBW plakkate vir die intrepreneursdag wat eers in die vierde kwartaal plaasvind moet voltooi word vir n punt vir hierdie kwartaal.
In Wiskunde het hulle baie om te weeg en inligting om te versamel by die huis. Wees maar geduldig sodat hulle die take kan voltooi.
Woensdag skryf hulle Afr: pg. 173 sinoieme
pg. 173 -174 idiome
pg. 175 - 176 tyd
pg.175 voorsetsels
pg. 184 soorte sinne
pg.87 no.2 werkwoorde
Alles in die groenboek.
Vrydag is daar n tegnologie toets. Hulle tekeninge moet ook klaar wees.
Heelwat om te doen. Voorspoed.
Friday, August 27, 2010
Tuesday, August 17, 2010
Saturday, August 14, 2010
Week 2 16 - 20 Augustus
- Dit is die Wetenskap Expo die week. Maandag kan die leerders alreeds hul skeppings skool toe bring sodat ons alles gereed kan he vir Woensdag. Die leerders het n informasie blad daaroor ontvang. Hulle moet hul mini kweekhuisie mooi bewaar, hulle word geassesseer daarop.
- Dinsdag is daar mnr. en juff. tyd. Ek gebruik daardie tyd om enige onsekerheid wat n leerder oor enige leer area het uit te sorteer. Ek wil die tyd baie positief aanbeveel.
- Woensdag is dit EBW assessering; pg. 64, 65, 66, 68, 69, 71, 72, 78,79 - slegs inligtings blokke. Leerders kan ook al werk aan hul plakkaat vir die interpreneursdag wat eers in die vierde kwartaal sal plaasvind.
- Die voorbereiding vir Damus aand vorder goed. Daar is 4 diensbeurte van n uur elk. Daar is 5 leerders en een ouer per diensbeurt nodig. Dankie dat u positief daarop reageer. Ons bied n speletjie, bakatel, aan.
- Die Afr. mondeling was uitstekend. Dit was uiters kreatief en het almal vasgenael gehou. Nou begin die Engelse mondeling. Die opsomming van die storie moet eers ingehandig word voordat hulle dit vertel.
- Hul Tegnologie punt is die tekening van hul karretjie, hulle maak dit eers in die vierde kwartaal.
- In SW kom n navorsing taak oor vervoer. Netheid tel.
- Die leerders het al baie goed ontwikkel. Ek weet hulle kan nou al hul takies op hul eie doen.
Monday, August 9, 2010
Week 1 10 - 13 Augustus
Dit is weer n kort week en baie om in te pas. Ek is teenwoordig.
Die leerders moet hul 2L koeldrank bottels onthou en ook voorberei vir hul mini kweekhuisie, asb. 10 cm. van onderkant af te sny, klein snit in boonste deel, vul dit met 8cm goeie tuingrond, baie dankie.
Woensdag is SW assessering, wereldkaart, boerderye , leiers pg.8 en16.
Dit is ook die week van interskole met Durbanville en ons kompeteer op verskeie gebiede.
Die Wetenskap expo is volgende week.
Dankie vir die positiewe gesindheid wat ek ervaar.

Monday, August 2, 2010
Woensdag 11 Augustus
SW toets: Wereld kaart, groente-, vrugte-, mielie- en koring boerdery.
Leiers: bl.8, kenmerke van n goeie spanleier;
bl.16, onderskei tussen damokratiese- en outokratiese leiers.
Leiers: bl.8, kenmerke van n goeie spanleier;
bl.16, onderskei tussen damokratiese- en outokratiese leiers.
Sunday, August 1, 2010
Week 2 : 2 - 6 Augustus 2010
Die week begin ek met die mondeling, Afrikaans en dan die Engels. Hulle moet maar fluks lees aan hulle boekies en die opsommings maak en dan luister ek na hul stories.
Woensdag het hulle n Wiiskunde assessering. Hulle moet die volgende baie goed ken:
Optel, Aftrek, Maal en Deling bewerkings; Tafels, 2-9 maal en deel, Patrone, Desimale breuke en bewerkings met geld.
Ons sien ook uit na die interskole volgende week met Durbanville en werk aan n lekker gees om so ook gesonde kompetisie gees aan te wakker.

Subscribe to:
Comments (Atom)