- Dit is die Wetenskap Expo die week. Maandag kan die leerders alreeds hul skeppings skool toe bring sodat ons alles gereed kan he vir Woensdag. Die leerders het n informasie blad daaroor ontvang. Hulle moet hul mini kweekhuisie mooi bewaar, hulle word geassesseer daarop.
- Dinsdag is daar mnr. en juff. tyd. Ek gebruik daardie tyd om enige onsekerheid wat n leerder oor enige leer area het uit te sorteer. Ek wil die tyd baie positief aanbeveel.
- Woensdag is dit EBW assessering; pg. 64, 65, 66, 68, 69, 71, 72, 78,79 - slegs inligtings blokke. Leerders kan ook al werk aan hul plakkaat vir die interpreneursdag wat eers in die vierde kwartaal sal plaasvind.
- Die voorbereiding vir Damus aand vorder goed. Daar is 4 diensbeurte van n uur elk. Daar is 5 leerders en een ouer per diensbeurt nodig. Dankie dat u positief daarop reageer. Ons bied n speletjie, bakatel, aan.
- Die Afr. mondeling was uitstekend. Dit was uiters kreatief en het almal vasgenael gehou. Nou begin die Engelse mondeling. Die opsomming van die storie moet eers ingehandig word voordat hulle dit vertel.
- Hul Tegnologie punt is die tekening van hul karretjie, hulle maak dit eers in die vierde kwartaal.
- In SW kom n navorsing taak oor vervoer. Netheid tel.
- Die leerders het al baie goed ontwikkel. Ek weet hulle kan nou al hul takies op hul eie doen.
Saturday, August 14, 2010
Week 2 16 - 20 Augustus
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment