Dit is heerlik om die lente in die lug te voel. Ek kan ook agterkom dat die Graad viers nuwe groei toon. Hulle take is betyds klaar en hulle kan al mooi op hul eie werk.
Die leerders trek Maandag hul LO klere aan .
Dinsdag is Mnr en Juff Tyd en dit is om enige onduidelikheid met enige leerarea uit te stryk. Daar is n paar leerders wat ernstig aandag aan hulle skrif moet gee en ek oorweeg om selfs daardie tyd daarvoor te gebruik as dit nie reg kom nie.
Woensdag is dit Eng. assessering. Dit handel oor "present and past tense", pg 2 en 3 in hul Learning guide. Spelling tel .
Vrydag is Kuns en Kultuur ass. Hulle moet alles wat onderstreep is in hulle KK boekie leer.
Dankie vir die moeite met die SW taak. Ek is seker hulle is meer bewus van hoe tegnologie verander het en die lewe heelwat makliker vir ons gemaak het.
Baie geluk aan die leerders wat deelgeneem het aan die KTV. mark dag. Julle moeite is raak gesien en ek is seker julle het baie geleer.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment