Sunday, December 5, 2010

6 - 10 Desember 2010

Dit is die laaste week. Maandag word daar geoefen vir die ererol aand.
Woensdag is ons klas afsluiting. Ons beplan om lekker saam te kuier.
Donderdag is die prysuitdeling vir die graad groepe. Ons gaan ook swem na die tyd.
Dit is ook die dag wat die klas skoongemaak word.
Vrydag sluit die skool 11-uur.
Ek wil graag baie dankie se vir n besondere jaar. Baie dankie vir alles wat u bygedra het om u kind sterk te maak en my hande te sterk sodat al die werk gedoen kan word. Elke kind is vir my besonder en uniek. Mag dit goed gaan in die jare wat kom.
Mev. Elize le Grange

Saturday, November 27, 2010

Week 2 29 November - 3 Desember

Die volgende twee weke se roosters loop anders omdat die skool nog steeds 1-uur uitkom. Ons gaan nog steeds aan met die rooster maar een dag loop oor twee dae. Ek sal die leerders goed op hoogte hou van hoe dit werk. Die vraestelle word uitgedeel en in hulle portefeuljes geplaas en daar word gesorg dat al die take bymekaar is. Dit is belangrik vir kontrole wat plaas vind.

Baie dankie vir die motivering en aanmoediging tydens die eksamen. Dit het werklik goeie resultate gelewer. Dit is verbasend hoe invloed dit het. Dit maak hulle vlerke sterker.

Saturday, November 20, 2010

Week 1 22 - 26 November

n Belangrike week van eksamen!
Maandag: Tegnologie; Leergids Kwartaal 3/4. Bl. 9, 10, 12, 14. Hefbome, soorte marionette, tegnologiese proses.

Dinsdag: Kuns en Kultuur; Leergids, bl.1, 2, 4, 8, 9. Musiek; bl. 1, 10, 11.

Woensdag: English; Learning guide1, 4. pg. B, C, D, E, F.Punctuation. Apostropes. Homophones .

Donderdag: Sosiale Wetenskappe: Leergids eenheid 6; Alles wat onderstreep is.

Vrydag: Lewensorientering: Eenheid 4 ( bl.4, 5, 6, 13, 14, 21, 22, 35, 37, 38, 41) en 5 ( bl4, 5, 10, 11, 12, 33, 34) .

n Slim kind leer hard.
n Eksamen is altyd maklik as ek my werk goed ken.

Saturday, November 13, 2010

Week 2 15 - 19 November

Eksamen week:
Maandag EBW : slegs inligtingsblokke in leergids, eenheid 4, bl. 3, 7, 8, 10, 11, 12, 15, en 18.

Dinsdag Afrikaans: in die groen handboek: eenheid 7, 8, 9, 10, bl.178 tot 184.

Woensdag: geen

Donderdag: Wiskunde handboek,Wiskunde in die klaskamer: afronding, optel en aftrek, vermenigvuldig, optel en aftrek van gewone breuke, patrone,orientasie en ligging, datahantering, tyd.

Vrydag NW: leergids, bl. 1, 2, 6, 7, 8, 14, 15, 19, 23. 4 Seisoene, grond, weer, sonnestelsel.

Geniet die voorbereiding. Die vrugte sal gepluk word.

Monday, November 8, 2010

Woensdag se toets

Woensdag se Wiskunde toets handel oor data en volume.

Friday, November 5, 2010

Week 1 8 - 12 November

Leerders moet asb. hul LO klere aantrek of saambring. Dit is nou ook die laaste keer.
Dit is ons week van hersiening en seker te maak dat leerders weet presies waaroor die eksamen handel. Die voorbereiding is belangrik, dan is hulle rustig want dan weet hulle waaroor hulle werk gaan.
Woensdag is daar n Wiskunde ass.
Die laaste mondelinge word ook gedoen.
Daar word ook beplan om die karretjies te toets so almal se ontwerpe moet in wees.
Die SW-brosjures is baie kreatief. Dankie vir die motivering!
Die afgelope week was n baie swaar week. Die kinders leef baie naby ons en as daar iets met een gebeur raak dit ons baie diep. Elkeen se welsyn le my naby die hart.

Eksamen Rooster:
_____________
Maandag 15 Nov: EBW Eenheid 4 bl.3, 7, 8, 10, 11, 12, 15, en 18.
Dinsdag 16 Nov: Afrikaans Groen handboek, Eenheid 7, 8, 9, 10. bl.178 - 184.
Woensdag 17 Nov: Studie dag
Donderdag 18 Nov: Wiskunde afronding, optel en aftrek, vermenigvuldig, breuke, patrone,
omtrek oppervlak, datahantering.
Vrydag 19 Nov: NW leergids, bl. 1, 2, 6, 7, 8, 14, 15, 19, 23.
Maandag 22 Nov: Tegnologie , leergids kwartaal3/4 bl.9, 10, 12, 14.
Dinsdag 23 Nov: KK leergids,bl. 1, 2, 4, 8, 9. Musiek leergids: bl. 1, 10, 11.
Woensdag 24 Nov: English learning guide unit 1 pg 1, 2, 3, punctuation
learning guide unit 4 pg B, C, D, E, F.
Donderdag 25 Nov: SW Eenheid 6 alles wat onderstreep is
Vrydag 26 Nov: LO Eenheid 4 en 5 Alles wat onderstreep is

Die afskeurstrokie aan die eksamenrooster moet terug kom asb.
Dit is die laaste bewyse vir graad vier om te bewys dat die leerders die graad kon baasraak.

Friday, October 29, 2010

Week 2 1 - 5 November

Hierdie week is rustiger as verlede week. Dankie vir al die deelname en insette, dit het groot waarde.
Woensdag is die Engelse assessering. Hulle hoef nie daarvoor te leer nie.
Vir SW moet hulle n brosjure maak oor water besparing.
In NW word daar ook n taak beplan, maar nadat ek die werk behandel het en die takie in hul werkboek voltooi is. Al die take in die werkboeke is belangrik en moet voltooi wees.
Daar is ook n KK assessering wat handel oor n sirkel wat hulle met kunselemente moet versier.
Die werkafbekening vir die eksamen is ook huistoe. Omdat hulle nou presies weet waaroor hulle getoets word kan hulle goed voorberei en dit maak hulle baie rustiger in die eksamen tyd.
Die week is dus net so vol.
Lekker voorberei!

Saturday, October 23, 2010

Week 1 25 - 29 Oktober

Leerders moet Maandag hul LO klere saambring of aantrek.
Woensdag is dit Wisk ass. wat handel oor:
1. oppervlak
2.omtrek
3.hulle moet weet hoeveel minute in een uur is
4.tafels 2 - 9 x en deel
Donderdag is dit die entrepreneursdag. Sterkte. Dit is ook n lekker ervaring.
Vrydag is dit Lentedag tee, ook spesiaal.
Ek begin met die mondelinge. Ek gaan dit vas maak en dan weet elkeen wanneer dit hul beurt is.
Geniet dit.

Sunday, October 17, 2010

Week 2 18 - 22 Oktober

Hierdie week word daar begin met die mondeling van die leerders wat gereed is .
Woensdag is daar n Engelse assessering wat handel oor expressions in die learning guide, pg.A.
Die leerders moet die verduideliks goed ken en die spelling moet ook reg wees!!
Dit is ook die Gr. 3 se entrepreneursdag. Volgende week is dit die gr. 4 se beurt. Dit is nie verpligtend nie. Hulle mag ook in groepe werk.
Donderdag is dit die swemgala.
Geniet al die aktiwiteite!

Friday, October 8, 2010

Week 1 11 -15 Oktober

Dit is week een so Maandag is LO. Onthou die LO klere asb. Nou is ons al volspoed in die vierde kwartaal. Dit is verblydend om te weet dat almal goed by is en mooi ontwikkel.
Die konsert kry die week spesiale aandag. Dit is werklik pragtig. Hoe gelukkig is die leerders om in so n produksie deel te neem.
Engelse Mondeling handel oor verskillende aspekte van n sekere kultuur van hul keuse. Hulle het n goeie informasie bladsy daaroor gekry.
Afrikaanse mondeling gaan oor oupa en ouma, hoe dit was toe hul skool gegaan het, enige kattekwaad of gebeure in hulle tyd.
Woensdag se Afrikaanse assessering handel oor spel, opdrag 20, die verkleinwoorde. Die leerders het nou regtig kans om goed te doen. Daar is ook n begrips toets by.
Lekker week!

Friday, September 17, 2010

Week1 20 -23 September

Maandag moet leerders hul LO klere aantrek of saambring. Daar word baie goed voorberei vir die uitstappie.
Dinsdag gaan ons na Groot Constansia. Die leerders het n brief met informasie ontvang daaroor. Die klaskamer word na buite geneem. Dit is so belangrik dat die leerders besef dat daar nie net in n klaskamer geleer word nie meer deur waarneming buite die klas en wat in die klas bevestig word.
Donderdag sluit ons vir n welverdiende blaas kans. Jou kind het werklik sy beste gebring en verdien om te rus. U verdien dit ook, gebruik die kans.

Saturday, September 11, 2010

Week 2 13 - 17 September

Dit is nou regtig die laaste punte wat bymekaar gemaak word vir die finale punt.
Maandag is n Wiskunde assessering wat handel oor simmetrie en verwerkings. Daar is presies gese waaroor dit gaan, hulle het n nota in hulle huiswerkboek geplak met al die informasie.
Dit is ook die neem van sport fotos. Die krieket manne is aan die beurt.
Dinsdag is LO assesering en ook is daar n nota in hul huiswerk boek wat se presies waaroor dit gaan.
Die res van die sport fotos word geneem. Hulle moet hulle sportklere saam bring.
Die wa is byna deur die drif, net nog so bietjie aanhou en uithou.
Volgende week die uitstappie na Groot Constansia.

Sunday, September 5, 2010

Week 1 6 - 10 September

Dit is heerlik om die lente in die lug te voel. Ek kan ook agterkom dat die Graad viers nuwe groei toon. Hulle take is betyds klaar en hulle kan al mooi op hul eie werk.
Die leerders trek Maandag hul LO klere aan .
Dinsdag is Mnr en Juff Tyd en dit is om enige onduidelikheid met enige leerarea uit te stryk. Daar is n paar leerders wat ernstig aandag aan hulle skrif moet gee en ek oorweeg om selfs daardie tyd daarvoor te gebruik as dit nie reg kom nie.
Woensdag is dit Eng. assessering. Dit handel oor "present and past tense", pg 2 en 3 in hul Learning guide. Spelling tel .
Vrydag is Kuns en Kultuur ass. Hulle moet alles wat onderstreep is in hulle KK boekie leer.
Dankie vir die moeite met die SW taak. Ek is seker hulle is meer bewus van hoe tegnologie verander het en die lewe heelwat makliker vir ons gemaak het.
Baie geluk aan die leerders wat deelgeneem het aan die KTV. mark dag. Julle moeite is raak gesien en ek is seker julle het baie geleer.

Friday, August 27, 2010

Week 2 30 Aug - 3 Sept

Nou is dit tyd dat die laaste punte vir die rapporte bymekaar gemaak word. Die werkboeke word nou heeltemal voltooi en die laaste mondelinge word gedoen.
Die EBW plakkate vir die intrepreneursdag wat eers in die vierde kwartaal plaasvind moet voltooi word vir n punt vir hierdie kwartaal.
In Wiskunde het hulle baie om te weeg en inligting om te versamel by die huis. Wees maar geduldig sodat hulle die take kan voltooi.
Woensdag skryf hulle Afr: pg. 173 sinoieme
pg. 173 -174 idiome
pg. 175 - 176 tyd
pg.175 voorsetsels
pg. 184 soorte sinne
pg.87 no.2 werkwoorde
Alles in die groenboek.
Vrydag is daar n tegnologie toets. Hulle tekeninge moet ook klaar wees.
Heelwat om te doen. Voorspoed.

Tuesday, August 17, 2010

17 Augustus

Daar is besluit dat die kweekhuisie nie assesseer word nie. Dankie vir die sorg.

Saturday, August 14, 2010

Week 2 16 - 20 Augustus

  • Dit is die Wetenskap Expo die week. Maandag kan die leerders alreeds hul skeppings skool toe bring sodat ons alles gereed kan he vir Woensdag. Die leerders het n informasie blad daaroor ontvang. Hulle moet hul mini kweekhuisie mooi bewaar, hulle word geassesseer daarop.
  • Dinsdag is daar mnr. en juff. tyd. Ek gebruik daardie tyd om enige onsekerheid wat n leerder oor enige leer area het uit te sorteer. Ek wil die tyd baie positief aanbeveel.
  • Woensdag is dit EBW assessering; pg. 64, 65, 66, 68, 69, 71, 72, 78,79 - slegs inligtings blokke. Leerders kan ook al werk aan hul plakkaat vir die interpreneursdag wat eers in die vierde kwartaal sal plaasvind.
  • Die voorbereiding vir Damus aand vorder goed. Daar is 4 diensbeurte van n uur elk. Daar is 5 leerders en een ouer per diensbeurt nodig. Dankie dat u positief daarop reageer. Ons bied n speletjie, bakatel, aan.
  • Die Afr. mondeling was uitstekend. Dit was uiters kreatief en het almal vasgenael gehou. Nou begin die Engelse mondeling. Die opsomming van die storie moet eers ingehandig word voordat hulle dit vertel.
  • Hul Tegnologie punt is die tekening van hul karretjie, hulle maak dit eers in die vierde kwartaal.
  • In SW kom n navorsing taak oor vervoer. Netheid tel.
  • Die leerders het al baie goed ontwikkel. Ek weet hulle kan nou al hul takies op hul eie doen.

Monday, August 9, 2010

Week 1 10 - 13 Augustus

Dit is weer n kort week en baie om in te pas. Ek is teenwoordig.
Die leerders moet hul 2L koeldrank bottels onthou en ook voorberei vir hul mini kweekhuisie, asb. 10 cm. van onderkant af te sny, klein snit in boonste deel, vul dit met 8cm goeie tuingrond, baie dankie.
Woensdag is SW assessering, wereldkaart, boerderye , leiers pg.8 en16.
Dit is ook die week van interskole met Durbanville en ons kompeteer op verskeie gebiede.
Die Wetenskap expo is volgende week.
Dankie vir die positiewe gesindheid wat ek ervaar.

Monday, August 2, 2010

Woensdag 11 Augustus

SW toets: Wereld kaart, groente-, vrugte-, mielie- en koring boerdery.
Leiers: bl.8, kenmerke van n goeie spanleier;
bl.16, onderskei tussen damokratiese- en outokratiese leiers.

Sunday, August 1, 2010

Week 2 : 2 - 6 Augustus 2010

Die week begin ek met die mondeling, Afrikaans en dan die Engels. Hulle moet maar fluks lees aan hulle boekies en die opsommings maak en dan luister ek na hul stories.
Woensdag het hulle n Wiiskunde assessering. Hulle moet die volgende baie goed ken:
Optel, Aftrek, Maal en Deling bewerkings; Tafels, 2-9 maal en deel, Patrone, Desimale breuke en bewerkings met geld.

Ons sien ook uit na die interskole volgende week met Durbanville en werk aan n lekker gees om so ook gesonde kompetisie gees aan te wakker.

Friday, July 23, 2010

Week 1 26 - 30 Julie

Leerders moet hul LO Klere aantrek of saambring.
Hulle het hul onderwerpe gekry vir Afr. mondeling : n Demonstrasie van iets aan die klas. Ek luister na hule vanaf Augustus en dan op n Maandag, Dinsdag Donderdag of Vrydag. Hulle kan n dag kies en dan maak ons dit vas.
Dieselfde Met die Engels. Die boek wat hulle lees is die mondeling en die opsomming wat hulle maak is dan ook die geskrewe deel. Dit maak sin want dan is die voorbreiding deeglik. So ek gaan eers na die opsomming kyk en dan kan hulle praat. Die geskrewe deel moet die eertse twee weke van Augustus aan gewerk word en die mondeling is dan die laaste twee weke van Augustus.
Hulle kan maar die boekie wat hulle lees saam bring skool toe.
Woensdag is daar n Engelse assessering. Hulle het n bladsy waarop die werk aangedui is. Hulle kan asb. begin leer.
Dankie dankie.

Sunday, July 18, 2010

Week 2 19 - 23 Julie

Welkom terug na die vakansie!
Maandag en Dinsdag is ouer afsprake.
Woensdag Afr. assessering. Spel, opdrag 20 in hanswors spel boekie, verkleinwoorde plus diktee. Die Afr. mondeling onderwerp is ook uitgedeel. Dit moet eers in Augustus gereed wees. Die leerders kan reeds begin met hul voorbereiding.
Die Engelse mondeling is n boek wat hulle lees oor n diere storie en dit moet ook in Augustus gereed wees.
In Wiskunde moet hulle nog steeds aandag gee aan hulle tafels en dit goed memoriseer. Dit help ongelooflik wanneer daar bewerkings gedoen word. Baie dankie vir u inset daar.
Voel welkom vir enige navraag van u kant af, ons kan goed werk as daar geen onsekerheid is nie.

Tuesday, June 8, 2010

8 Junie

Baie dankie vir n spesiale dag! Dit was n heerlike bederf dag. Die leerders het skool ook op n ander manier beleef. Nogmaals baie dankie vir elkeen se bydrae. Geniet die vakansie!

Sunday, June 6, 2010

Week 2 7 - 9 Junie

Ons gaan gewone rooster volg in die volgende dae.
Dankie vir n goeie kwartaal. U kind is vir my belangrik in alle opsigte.

Sunday, May 30, 2010

Week 1 31 - 4 Junie

Week van laaste assesserings.
Maandag: Tegnologie, Leergids 2, p 2, 3, 4, 5 en 8. Alles

Dinsdag : English , punctuation, Alphabetical order. Collective nouns: group names, Male and female. Learning guide 2, p 23.

Woensdag : Ekonomiese bestuurswetenskap, leergids eenheid 2, p 3, 5, 9, 14, 15.

Donderdag : Natuurwetenskap, Leergids 2, alles

Vrydag : diploma dag. Alle leerders wat enige toekennings buite die skool ontvang het moet dit rapporteer sodat hulle erkenning daarvoor kan ontvang.
Nogmaals dankie vir u inset en motivering.

Saturday, May 22, 2010

Week 2 24 - 28 Mei

Dit is die eerste week van die eksamen.
Maandag - LO: Regte en verantwoordelikhede.
Die leerders moet Maandag hul LO klere saambring vir n LO assessering.

Dinsdag - Kuns en Kultuur: kunsvorme ,Leergids: p. 2, 3, 5, 8, 11,13 kunsvorme,15 teken kuns, musiek: p.1, 4, 6.

Woensdag - Sosiale Wetenskap: Leergids eenheid 3, p.90, 91, 103, 104, 105 106.

Donderdag - Wiskunde: 2-D en 3D vorms; Vermenigvuldiging, Deling, Breuke en Datahantering.Werkboeke ; week 2, 3, 4, 5, 6 .

Vrydag - Afrikaans: Groenboek, p. 170 eenheid 2; p.175,176 eenheid 5; p. 179 eenheid 7; p.180, 181 eenheid 8; Tyd,verkleinwoorde, voor- en agtervoegsels, werkwoorde.
Daar is n spesifieke eksamen prosedure wat ons volg. Ons wil daardeur die leerders gefokus kry en ook help met hul voorbereiding.
Baie dankie vir die motivering.

Sunday, May 16, 2010

Week 1 17 -21 Mei

Maandag het die leerders LO by Mnr. van Schalkwyk. Hulle trek dus hul LO klere aan. Daar gaan ook n assessering plaasvind.

Dinsdag word die klasfoto geneem. Maak asb. seker dat u kind reg aangetrek is.

Woensdag is daar n Eng. ass. Dit sal net handel oor wordise. Die ander gedeelte is al afgehandel.

Donderdag het die gr.6 leerders hul entrepreneursdag.

Die mondeling, oral en die brosjure en die NW plakaatjie is voltooi. Dankie vir die positiewe motivering en bydrae. Hulle het baie daaruit geleer.

Hierdie week doen ons hoofsaaklik hersiening. Hulle moet heeltemal op hoogte wees van hul leerstof sodat hulle goed voorberei sal wees vir volgende week se eksamen.



Sunday, May 9, 2010

Week 2 10 - 14 Mei

Hierdie week is ons mikpunt om al die werkboeke te voltooi.
Woensdag is Afrikaanse assessering. Dit is n luister oefening. Hulle hoef nie daarvoor te leer nie.
Die NW. plakaatjies lyk baie goed. Hulle het die opdrag gehoorsaam so dit verseker goeie punte.
Die mondelinge gaan ook baie goed aan. Die leerders werk baie goed saam. Dankie vir die motivering, dit is goud werd.
Donderdag is Hemelvaart en daar word n saal byeenkoms beplan.
Geniet die week.

Saturday, May 1, 2010

Week 1 3-7 Mei

Die leerders moet Maandag hul LO klere aantrek want hulle het LO by Mnr van Schalkwyk. Dit is ook die datum vir hul winterskooldrag. Ek begin met die mondeling soos die leerders gereed is. Ons gaan ook datums vasmaak.Die brosjure gaan saam met die Afr. mondeling dan is dit ook afgehandel.
Die Engelse storie vir hul oral het hulle in plek en moet hulle nog meer oefen.
Die Wiskunde assessering Woensdag handel oor vermenigvuldig en deel. Dit is baie belangrik dat hulle hul tafels ken. Die takie in NW wat handel oor vaste stof, vloeistof en gas, gaan hulle in die klas doen. Hulle moet net prente van voorbeelde daarvan bring. In EBW gaan hulle iets oor formele en informele besighede doen.
Vrydag gaan ons n veiligheid, ontruimings oefening he. Dinsdag het die personeel n spanbou geleentheid.
Ek wens die moeders n heerlike moedersdag toe. Jou kind waardeer jou.

Tuesday, April 27, 2010

Week 2 28 -30 April

Dit is n kort week maar vol. Hulle doen n Engelse ass. waarvoor hulle nie hoef te leer nie en weer n wiskunde ass. oor tyd. Oefen asb. die tyd met hulle. Tyds verloop, vanaf 2:30 tot 5:40. Hoe lank is dit? Hoeveel ure vanaf Dinsdag 8 uur tot Donderdag 8: uur. Daar is hierdie week nog tyd vir oefen aan hulle Eng.storie.
Lekker week.

Sunday, April 18, 2010

Week 1 19 - 23 April

Die leerders het more LO by mnr Van Schalkwyk en moet dus hul Evergim klere aan he.
Woensdag is daar Engelse ass. en die leerstof is in hul learning guide 1: am, is en are en verbs asook wordwise list 3, 4 en 5. Ons leer ook Collective nouns en animals aan, pg 23, Learning guide2. Dit sal goed wees as hulle dit nou al kan memoriseer. English oral is n diere storie wat hulle saam met n maat moet doen. Hulle moet nie n afrikaanse storie vertaal nie. Die idee is dat hulle n engelse storie lees en dit voordra. Hulle het riglyne ontvang. Die datum daarvoor sal in Mei wees, ek sal dit nog gee.

In Afrikaans moet hulle die verkleinwoordjies goed leer. Dit is belangrik vir die volgende assessering. Hulle het ook alreeds die onderwerpe, en informasie van hulle skryfstuk en mondeling ontvang. Ek sal nog die datums daarvoor gee. Dalk loop hulle informasie raak daaroor en kan hulle dit hou. Ek gaan nou begin met hul lees assessering en hulle kan dit gerus tuis oefen.

In Wiskunde moet hulle asb. hulle tafels leer.Hulle is regtig nog nie flink genoeg daarin nie.
Baie dankie vir die belangstelling en bydrae. Daarsonder sal dit nie so goed gaan nie.
Die einde van die week is weer n langnaweek dus volgende week n kort week.

Sunday, April 11, 2010

Week 2 12 -16 April

Welkom terug na die vakansie. Dit is n besige kwartaal en ons gaan elke tydjie ten beste benut. Dinsdag en Woensdag is "The Book People " met n verkoping hier. Woensdag formele assessering in Afrikaans. Ek sal laat weet of hulle daarvoor moet leer. Donderdag gaan die vorderingsverslae huistoe. Briefies met die afspraak tye moet asb. Vrydag terug kom.
Donderdag is ook ons interhuis wintersportdag. Saterdag is daar by Vredelust n hokkie toernooi vir 0/10, 11 en 12 seuns en dogters.

Monday, March 22, 2010

WEEK1 23 - 26 Maart

Hierdie is n kort week waarin al die finale punte opgeteken en verwerk word. Die leerders sal ook hulle portefeuljes organiseer met al hulle bewyse of take wat hulle gedurende die kwartaal voltooi het. Woensdag oggend, net vir n uur, is daar ook n spesiale program vir hulle. Normale skool sal hierdie week plaas vind.
Dit was n goeie kwartaal. Baie dankie vir al die insette en betrokkenheid. Ek is baie bewus daarvan en waardeer dit, so ook u kind.

Sunday, March 14, 2010

Week 2 15-19 Maart

Hierdie week gaan ons aan met toetse. Dankie vir die aanmoediging en motivering van jou kind. Dit is vir die leerders n nuwe ervaring en as hulle voel dat hulle hul kennis kan weergee, gee dit vir hulle baie selfvertroue vir die res van die jaar.
Maandag is dit Natuurwetenskap.
Dinsdag - Sosiale Wetenskap
Woensdag - Tegnologie
Donderdag - Kuns en Kultuur
Die maskers het baie mooi uitgekom. Hierdie week oefen hulle die voeldans.
Dr. Brand se verjaarsdag was ook n baie lekker geleentheid. Hy en sy vrou het Sir Cliff Richard se konsert baie geniet. Ons het ook n groot sokkerbal gemaak met die hele skool se handtekeninge daarop, ongelooflik.
Die kaskar dag was baie groot pret. Baie dankie vir elke persoon se samewerking. Ons het n lekker gees gehad en baie goed saamgewerk.
Aan die einde van die week, na al die harde werk, kom n heerlike langnaweek.

Sunday, March 7, 2010

week 1 8 - 12 Maart

Dit is week een daarom het die leerders die week LO en moet hulle Maandag hul LO klere aantrek en hul swemklere saam bring. Mnr Mostert is terug en hulle sal dus ook rekenaar he.

Die eerste toets is Dinsdag en dit is Wiskunde.
Woensdag is EBW.
Donderdag Afrikaans.
Vrydag Engels.

Vrydag is ook kaskar dag. Ons moet nog n tema kry en n lekker liedjie om spangees te vang. Stuur n paar idees asb. Ek beskou dit ook as n geleentheid vir interaksie tussen die leerders en n manier om hul kreatiwiteit uit te leef.

Thursday, March 4, 2010

Sunday, February 28, 2010

Week 2 1 - 5 Maart

Hierdie week voltooi die leerders hulle werkboeke. Ek gaan ook seker maak dat almal die werk verstaan waaroor daar toets geskryf word. In geval daar nog enige onduidelikheid is ek op n Dinsdag middag net na skool beskikbaar vir n vragie of verduideliking. Enige leerder is dan welkom om my te vra, daardie tyd is spesiaal ingeruim vir eksta tyd, soms kom ek net nie by hulle uit nie.

Woensdag se werk vir LO is uitgesit.
Ek stuur weer die toetse huistoe. Teken dit asb. en stuur terug.
Daar is ook baie informasie huistoe i.v.m. met die pretdag. Stuur asb. die briewe terug en die afskeur strokie.
Die KK se patrone lyk pragtig. Ek sal kyk of ek dit kan opsit. Hulle moet nou net die res van die masker voltooi.
In Teg. is die ontwerp van die armband is ook klaar en hulle kan nou die armband begin maak.
Die leerders se boekies raak nou vol en hulle het n papboks nodig om dit in te bere. Stuur asb. een.

Thursday, February 25, 2010

Assessering Woensdag 3 Maart

LO: Leergids , Bl 3, 7, 15, 17, 18, 19, 21.
Al die onderstreepte werk.

Jammer ek het nie die werkafbakening uitgedeel nie.
Ek sal dit more gee.

Tuesday, February 23, 2010

werkafbakening vir toetsweek

9 Maart: Wisk , heelgetalle, afronding, optel, aftrek, eienskappe van berekeninge, meetkundige patrone, numeriese patrone, 2D en 3D vorms. Tafels, 2 - 6

10 Maart: EBW , leergids. p 2, 3, 5, 6, 13, 14, 15

11 Maart: Afr. Groen handboek, p. 168 en 169, 180, 182, 184

12 Maart: Eng learning guide: 1, 2, 3, 4, 6. punctuation, common and proper nouns, opposites, plurals
Dit is ook die pretdag.
15 Maart: NW leergids: p 3, 5 en 8, 20 en 21, 11, 17, 23 24, 35

16Maart: SW leergids: p 2, 3, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

17 Maart: Tegnologie leergids p 4 - 11

18 Maart: Kuns en kultuur leergids: p2, 5, 9, 17, 18, 19, 20, 21


Afr. Huistaal: Bron: Afrikaans ons taal. (groenboek)
Eenheid 1 en 2 p 168 en 169 meervoude
Eenheid 8 p 180 net bewus van voorvoegsels en agtervoegsels
Eenheid 9 p 182 intensiewe vorme
Eenheid 10 p 184 soortname
Spel - spelbundel p 7 opdrag 4 en 5

Tegnologie:
Leergids: week 3 Materiale p 4 - 11

NW : Energie
Wat is energie - p 3
Vorms van energie, p 5-8, 20 21
Veranderinge in energie: p 11
Oorsprong, bronne van energie p 17, 23, 24
Gevare van energie - p 35

SW : Leergids eenheid 1
Wat is Geskiedenis? Verskillende bronne. Artefakte. p 2 en 3
Kaarte: p 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18
Gebruike van kaarte, grense, koordinate, kaart van Suid-Afrika, provinsies. Kaart van die wereld.

Sunday, February 21, 2010

week1 22 - 26 Feb

Hierdie is weer week 1 so die leerders trek Maandag hulle evergim klere aan en hulle moet ook hul swem klere saam bring. Hulle het ook Dinsdag rekenaar en ek hoop mnr. Mostert is terug want hy het n operasie aan sy stembande gehad. Ons begin nou klaar maak met ons verskillende vakke se werkboeke sodat ons volgende week kan hersien vir die toets week wat kom. Die werkafbakening kom die einde van die week uit. Ek gaan egter al vir die leerders inlig waaroor hulle skryf soos ons aangaan.

Woensdag skryf hulle Afr. toets. Hulle hoef nie daarvoor te leer nie. Dit is n begrips toets.
In KK gaan ons met die masker begin. Ons gaan hierdie week net die patroon op die langwerpige karton doen wat ek vir hulle gee. Die patroon is die basis van hulle masker en dit moet mooi en netjies wees.
In Tegnologie gaan ons die week tyd spandeer met die ontwerp van die vriendskapsarmband. Die ontwerp moet baie goed deurdink word sodat hulle presies weet wat hulle gaan nodig he en hoe hulle dit gaan maak. Die beplanning is belangrik. " If you fail to plan you plan to fail." As iemand nie toutjies of kraletjies het nie is dit nie n probleem nie want ek het vir hulle en ons gaan ook uitruil en deel.

Die kaskar pretdag is al opgehaal, so ons begin al daaroor gesels. Maar meer daaroor volgende week.Dr. Brand se verjaarsdag is die 10 de Maart.

Sunday, February 14, 2010

week2, 15-19 Feb.

Hierdie week gaan ons aan om die verskillende leer areas se werk boekies te voltooi soos wat ons die lesse doen.
By Wiskunde gaan hulle tafeltoetse skryf en week 6 se boek voltooi.
*Woensdag skryf hulle n Wiskunde assessering oor die volgende: ewe en onewe getalle, waarde en plekwaarde, verdubbel en halveer, getalle op n getallyn en getalle afrond tot die naaste 10, 100, 1000.
In Afrikaans gaan hulle die fabel netjies oor skryf. Hulle sukkel nogal om n storie te vertel. Hulle wil dit in die direkte rede doen.
In KK gaan hulle met die patroon op die masker begin.
In Tegnologie begin hulle ook nou in die werkboek en dit gaan oor verskillende vesels wat hulle moet toets. As daar nie by die huis van die vesels is nie gee ek vir hulle. Ons gaan n vriendskapsarmband maak. Hulle gaan kraletjie in toutjies inryg wat hulle gaan vleg. Die metodes is in die boek maar ek sal hulle ook daarmee help, maar dit gaan oor die volgende paar weke.
Ek stuur weer die toetse huis toe.Teken dit asb. en stuur terug. Dit kom in hulle leers.
Baie dankie dat ek spesiaal kon voel as hulle juffrou. Dit raak my hart.

Sunday, February 7, 2010

week1 8-12 Feb

Dit het goed gegaan met die mondelinge. Baie dankie vir julle positiewe inset. Die leerders was almal baie gewillig om te praat en ons kon dit in tyd afhandel. Met die English oral gaan dit goed, ek beplan om dit ook hierdie week te voltooi. Ons sal met die skryf van die fabel ook hierdie week begin.



Dit is week 1, so hulle het hierdie week LO by mnr. van Schalkwyk. Hulle trek Maandag hulle sport klere aan en bring hulle swemklere saam.

Woensdag het hulle Engelse assessering. Dit gaan oor Wordwise list 1 + 2,

learning guide p 1+2; question marks, exclamation marks and fullstops.

Daar sal n reading and viewing wees van 10 punte, Totaal: 30

Hulle moet fluks werk in hulle workbook want dit moet voltooi wees na die einde van die maand.

Ons begin ook hierdie week met ons Wisk. week 5 werkboek. Die ander is reeds voltooi so moet ons ook hierdie week die een voltooi.

In KK gaan hulle begin om hulle voelmasker te ontwerp. Hulle moet dit eers teken en later kom die maak.As die masker klaar is gaan hulle in n groep n voeldans doen. Hulle sal duidelike instruksies kry daaroor.

Ek sien uit na die week want almal werk lekker saam.

Baie dankie.

E le Grange

Sunday, January 31, 2010

Die week

Die week doen ek Afr. mondeling. Die leerders weet watter dag hulle praat.
English oral begin ek ook en hulle sal ook elkeen die dag kry waarop hulle gereed is. Ek doen dit met tyd want ek kan nie alles op een dag doen nie.
Woensdag is dit Afr. toets: leestekens ,blou boek bl. 17. Spel opdrag 1, Samestellings, blouboek pg.12.
Ek assesseer hardop lees so hulle moet dit oefen.
Hulle moet baie fabels lees want hulle moet later een skryf, wat hulle gelees het of n eie een, as hulle kan.
EBW se begeerts en behoeftes prente moet hulle solank bymekaar maak. Ek gaan in die week vir hulle twee skoon bladsye gee waarop hulle die takie kan voltooi.

Tuesday, January 26, 2010

inligtingsaand

Welkom.
Wisk toets more.
Ken tafels, 2 en 3 maal tafels
Lees afr. bl.15 groen boek

Sunday, January 3, 2010

skool begin

2010
Welkom. Mag dit n wonderlike jaar wees.
As ons almal saamtrek kry ons die wa maklik deur die drif.
Voorspoed.
Vra my oor enige onsekerheid.
Groete
E le Grange